Welkom by my webwerf!



Hier kan jy meer uitvind oor my eenmanvertoning 'BEHEER' wat al te siene was by van die land se grootste feeste en teaters reg oor Suid Afrika. Daar is meer daaroor op die 'Show' bladsy te sien.

Ek bied ook 'n baie opwindende werkswinkel aan vir skole. Die 4 uur lange, intense werkswinkel is prakties, kreatief en kombineer Fisiese teater met Mimiek en toneelspel. Meer daaroor in detail op die 'Werkswinkel' bladsy.

'n Bietjie meer oor Jaques van Jaarsveld

Hy is Akteur en een van Suid - Afrika se beste Mimiekkunstenaars, veelsydig en uiters talentvol - vaardig op die verhoog, voor die mikrofoon, op die TV en selfs op die Rolprentskerm.

Sy naam is Jaques van Jaarsveld en sy werk sluit rolle in Villa Rosa, Sewende Laan, Gazlam en Egoli in. Sy verhoogwerk wissel van Poësieprogramme, Ernstige Teater en Veral Pantomimes.

Vanjaar vier Jaques, sy elfde Suksesvolle jaar in die Suid - Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Sy indrukwekkende CV sluit in 'n Rolprent, Sewe TV - advertensies, tien TV - produksies, drie en twintig korporatiewe optredes, vyf en dertig verhoogproduksies en nagenoeg sewentig optredes as mimiekkunstenaar.

Nou snoer hy sy talente bymekaar in die weghol treffer, eenmanvertoning 'BEHEER'!

Professionele Opleiding:
* B-Tech Graad Drama Pretoria Technikon
* Spesialiseer in Mimiek en Fisieke Teater
* Kursus voltooi in Londen By School of Physical Theatre
* 4 Jaar Opleiding in Kinder Karakterwerk te London